Hoe Lyk Jou Geestelike Aptyt? (1)

Geestelikke Aptyt

Wanneer jy siek is, is een van die eerste vrae wat 'n dokter vra om jou probleem te diagnoseer, die volgende: 'Hoe is jou eetlus?'Wanneer jy jou begeerte na kos verloor, beteken dit dat daar iets fout in jou liggaam is.

Dieselfde beginsel is op jou geestelike gesondheid van toepassing. Een van die karaktereienskappe van bekende mans en vrouens in die Skrif, is dat hulle na God in gebed gehonger het en hulself gedissiplineer het om sy Woord te bestudeer en te verstaan.

Wanneer jy God so goed ken, sal jy spesifiek wees in jou gebede en spesifieke antwoorde ontvang. Die waarheid is dat jy met 'n Godvormige leemte in jou gebore is, wat niemand behalwe God kan vul nie. Meer sukses sal dit nie vul nie. Meer geld sal dit nie vul nie. Nog 'n verhouding sal dit nie vul nie. Om in 'n paleis te woon en 'n koning te wees sal dit nie vul nie.

Dis hoekom koning Dawid geskryf het:

'Geseënd is U, o Here; leer my u voorskrifte. Die bepalings van u mond het ek met my lippe bekendgemaak. In u voorwaardes het ek my verlustig soos 'n mens bly is oor rykdom. Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. Ek sal my verbly in u voorskrifte en u woord nie vergeet nie... Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie... Ek word voortdurend verteer deur 'n begeerte na u bepalings... U waarskuwings is my vreugde; hulle is my raadgewers' (Psalm 119:12-24).

Die Woord van God is 'sielskos,' so as jy jou liggaam voed maar jou siel afskeep - moet jy vandag jou prioriteite herrangskik.

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top