Gee Jesus ‘n kans

Man On Beach

Wanneer ander mense nie jou potensiaal raaksien nie, doen Jesus dit wel. Hy het in eenvoudige vissermanne die kapasiteit om die wêreld te verander, gesien.

Jesus het vir Simon Petrus en Andreas gesê: '...Kom agter My aan! Word my volgelinge. Dan sal Ek julle wys hoe...' Betwyfel jy dit? Nataneal het ook. Toe hy uitgenooi is om Jesus te ontmoet, het hy gesê: '...'Hoe kan daar uit Nasaret iets goeds kom?' 'Kom kyk self,' het Filippus hom uitgenooi' (Johannes 1:46).

Selfs na drie jaar wat hulle Jesus se wonderwerke aanskou het, het sy dissipels steeds vertwyfelinge gehad. Kyk net hoe dikwels het Hy vir hulle gesê: 'Julle kleingelowiges'; 'Tog glo julle nie'; en 'As jy glo, sal jy sien.'

Omdat Hy geweet het dat hulle angstig was oor wat sou gebeur wanneer Hy hulle verlaat en terugkeer hemel toe, het Jesus gesê: 'En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle 'n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees' (Johannes 14:16).

Die waarheid is dat daar nooit 'n dag sal verbygaan waar jy nie God se hulp nodig het of waar dit nie vir jou beskikbaar is nie. Miskien twyfel jy nog steeds. Indien dit die geval is, skep moed!

Jesus is lief vir twyfelaars. Het Hy nie Tomas self uitgekies nie? Miskien dink jy dat jy te veel swakpunte het. Petrus het dit ook gedink - maar Jesus het hom die hoof van die kerk gemaak.

Kom net soos jy is en laat sy teenwoordigheid toe om aan jou af te smeer. Wat het jy om te verloor? As jy dit op jou manier probeer het en dit het nie gewerk nie, kom, gee Jesus 'n kans!

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top