Bevry Van Menslike Goedkeuring

Paulus se bediening het begin toe hy vir Jesus op die Damaskuspad ontmoet het, waar Jesus vir hom gesê het: 'Staan op! Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel. Jy moet vertel hoedat jy My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien.

Ek sal jou teen jou volk beskerm en teen die nie-Jode na wie Ek jou met volle mandaat stuur. Jou bediening moet hulle oë oopmaak sodat hulle 'n lewensomkeer kan maak, weg van die duisternis na die lig...' (verse 16-18).

Voor Paulus suksesvol in sy roeping en effektief in sy bediening kon wees, moes hy eers van sy vrees vir mense bevry word. Dit het diegene wat hom goed geken het ingesluit, sowel as mense wat hy nog moes ontmoet.

Hy moes van sy behoefte aan mense se goedkeuring ontslae geraak het. In wese het God vir hom gesê: 'Jy is net die posman. Sommige dae sal mense hou van dit wat jy aflewer, ander dae nie. Jy moet in elk geval die pos aflewer.

Dus bevry ek jou van die vrees vir hulle verwerping en die behoefte aan hulle aanvaarding.' Het God jou geroep om 'n spesifieke werk te doen? Is jy bang dat jy foute sal maak? Jy kan dit maar aanvaar - jy gaan foute maak!

Is jy bekommerd dat jy gekritiseer sal word? Dit kom saam met die posisie! Mense sal jou op 101 verskillende maniere teleurstel, maar as jy vasbeslote is om die wil van God te doen, bid dan: 'Here, bevry my van my behoefte aan menslike goedkeuring, sodat ek dit wat U my gegee het, met hulle kan deel.' Spring dan aan die werk!

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top