Dis hoe God dit beplan het

Ouers, lees hierdie brief:

'Liewe Pa: Dankie vir al die kere wat ek op jou skoot kon sit sodat ek die rugbywedstryd kon sien en vir al die kere wat Pa vir my worsbroodjies gekoop het. Ek sal altyd die dag onthou wat Pa my deur die sneeu gedra het omdat ek so koud gekry het.

Pa was 'n wonderlike Pa vir my en ek sal Pa nooit vergeet nie. Ek en Susan het nou die dag gesels en gewonder hoe dit met Pa gaan. Vandat ons weggetrek het sien ons mekaar nie baie nie. Een van die dae gaan ons egter kom en Pa verras. Pas Pa op. Ek is lief vir Pa. Liefde, jou seun.'

Mooi brief, nè? Mooi, indien jy jouself voorberei het vir die tyd wanneer jou kinders jou nie meer so baie gaan nodig hê nie. Indien nie, kan jy gegrief voel teenoor diegene vir wie jy so baie opgeoffer het wanneer jy voel dat jy nie meer belangrik vir hulle is nie. God het jou kinders, met 'n vervaldatum, vir jou geleen.

Die digter Kahlil Gibran het gesê: 'They come through you but not from you... You are the bows from which your children as living arrows are sent forth' (sien Psalm 127:4). Ouerskap gaan nie oor eienaarskap nie, maar oor rentmeesterskap.

Jou eerste opdrag is om liefde te voorsien wat hulle sekuriteit gee, wette te voorsien wat hulle wys maak, lig om in te wandel en 'n lewenstyl wat hulle kan volg. Jou volgende opdrag is om hulle voor te berei om in die wêreld uit te gaan en die dinge wat jy hulle geleer het uit te oefen.

Laat hulle dus vandag gaan, vier die belegging wat jy gemaak het, bid vir hulle en vra vir God: 'Wat is volgende?' Dis hoe God dit beplan het.

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top