Aanvaar verantwoordelikheid vir jou lewe

Responsibility

As jy in God se seën wil wandel, moet jy ophou verskonings maak en verantwoordelikheid vir jou lewe neem. Die Bybel sê: "'n Mens met verstand aanvaar bevele. Hulle wat onsin babbel, bereik niks." Die vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar is 'n kenmerk van karakter en volwassenheid.

God kan jou nie herstel voor jy nie jou sonde erken en daarvan wegdraai nie. Die Bybel sê: '...God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het' (Spreuke 24:12).

Wanneer jy aanhou om ander mense te blameer, sal jy nooit die plek van eerlike verantwoordelikheid - waar ware verandering begin! - bereik nie. 'n Gerespekteerde berader skryf: 'Alle blaam is 'n mors van tyd. Maak nie saak hoeveel fout jy vind nie, dit gaan nie sake verander nie.

Die enigste ding wat blaam doen, is om die fokus van jouself af te neem, wanneer jy vir redes soek om jou ongelukkigheid en frustrasie te probeer verduidelik. Jy mag dalk daarin slaag om iemand anders skuldig te laat voel, maar jy sal nie daarin slaag om dit wat jou ongelukkig maak, te verander nie.'

Om ander mense te blameer, is dikwels net 'n manier om die waarheid oor jouself te probeer vermy. Jesus het gesê dat die waarheid jou vry sal maak (sien Johannes 8:32). Dit sal jou dalk aan die begin ongemaklik laat voel, maar dis die enigste ding wat jou waarlik sal vrymaak.

Om weg te kruip daarvan sal dit nie laat weggaan nie. Solank jy nie gewillig is om jou foute in die gesig te staar nie, sal jy aanhou probleme hê. Is dit hoe jy jou lewe wil lei? Nie? Raak dan eerlik met God en laat Hom toe om jou te help om die dinge wat verkeerd in jou lewe is, te korrigeer.

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top