“Ek sal gaan! Stuur my!”

City.jpg

Jesaja skryf, "Toe het ek die Here hoor vra: 'Wie kan Ek met 'n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir ons gaan?' Ek het geantwoord: 'Here, ek sal gaan! Stuur my!' Hy het gesê: 'Ja, gaan...'" (verse 8-9).

In die voorafgaande Skrifgedeelte het Jesaja allerhande verskonings uitgedink en vir God vertel hoekom hy nie vir die werk geskik is nie. In God se koningkryk troef roeping egter elke keer getuigskrifte!

Dit gaan nie oor ervaring of kundigheid nie, maar oor beskikbaarheid en die gewilligheid om te leer. As jy gewillig is om te gaan wanneer God jou die groen lig gee, sal Hy jou na ontoeganklike plekke neem en onmoontlike dinge laat doen.

Abraham, Jakob, Josef, Ester, Moses, Samuel, Dawid en Jesaja het almal een ding in gemeen gehad, hulle het almal gesê, 'Hier is ek.' Is dit nie ironies dat ons soveel tyd en energie spandeer om te probeer uitvind waarheen God wil hê ons moet gaan, wanneer ons eenvoudig net moet sê, 'Hier is ek' nie?

Dis God se werk om ons te kry waar Hy wil hê ons moet gaan; ons werk is om onsself beskikbaar te stel. Soos 'n dokter wat op roep is, 'n polisieman aan diens of 'n brandweerman wat sy skof werk, is dit ons gereedheid om te reageer wanneer God ons roep, wat belangrik is.

Soms is dit 'n eenvoudige aansporing om ons buurman lief te hê. Soms is dit 'n roeping om halfpad rondom die wêreld te verhuis. Dit begin egter altyd met 'n gebed van drie woorde: 'Hier is ek.'

Dit is wat Moses by die brandende bos gesê het. Dit is wat Kaleb gesê het toe hy uiteindelik d ie Beloofde Land binnegegaan het. Dit is ook wat God wil hê jy vandag moet sê.

Spread The Love

Leave a Comment

Scroll to Top