Richard Foster skryf: "Ons het 'n swaai gehad, 'n regte tuisgemaakte een met dik staal pype en al. Maar ons kinders sou dit gou ontgroei en toe besluit ons maar om dit te verkoop.
Ek het na die agtertuin gestap en daarna gekyk. 'Dit behoort 'n goeie prys te haal,' het ek by myself gedink. 'As ek die verf opknap kan ek selfs meer daarvoor vra.'
Skielik het ek begin om die gierigheid binne myself te monitor. Ek vra toe vir my vrou, Carolyn, of sy sal omgee as ons die swaai weggee inplaas daarvan om dit te verkoop. 'Nee, glad nie!' en ek dink by myself 'Ag nee!'
Maar voor die dag om was het ons 'n paartjie gevind wat klein kindertjies gehad het en die swaai sou kon gebruik. Ons het dit vir hulle gegee en ek het nie eers nodig gehad om dit te verf nie!
Hierdie eenvoudige daad van gee het die gierigheid binne my gekruisig - ten minste vir nou."Wanneer laas het jy iets weggegee? 'n Item wat iets vir jou beteken het. Dis nie maklik nie, nê?
Dit verg vertroue dat God na jou behoeftes sal omsien op maniere waarvan jy nie eers bewus is nie, totdat jy hom die geleentheid gun.
Dallas Willard het gesê: "Die twyfelagtige geloof sal nooit die tak afsaag waarop dit sit nie. Hy leer nooit dat los takke vreemde, onverklaarbare maniere kan vind om nie te val nie."
Is dit moontlik dat jy nie die omgang met God het waarna jy smag nie, juis omdat jy nie genoeg gegee het nie? Die waarheid is - jy sal nooit weet as jy nie probeer nie!